Mini Hokkie


Mini-hokkie word twee kwartale van die jaar gespeel. Oefening begin in die tweede kwartaal, alhoewel geen wedstryde gespeel word nie. Wedstryde word slegs gedurende die derde kwartaal gespeel.

​Meisies sowel as seuns, gr R – gr 3 kan aan mini-hokkie deelneem. Wedstryde vind plaas op Saterdae waartydens daar teen verskeie skole deelgeneem word. Laerskool Skuilkrans skryf gewoonlik 4 – 5 spanne in gedurende hierdie toernooie.

Oefening vind twee keer per week plaas, vir 1 uur lank. Tydens hierdie oefeninge word basiese hokkievaardighede aangeleer waarop verder voortgebou kan word in die senior fase.

Hokkie


Hokkie by Laerskool Skuilkrans word gedurende die tweede en derde kwartaal gespeel.

​Gedurende die tweede kwartaal speel die spanne in verskillende ligas en dit word as vriendskaplike wedstryde beskou. Die wedstryde is daar om al die spelers die geleentheid te gee om in te skakel by die sport.

​Gedurende die derde kwartaal speel die spanne weer in hul verskeie ligas maar dan word die wedstryde as amptelike liga-wedstryde gesien.

​Al die A- spanne speel in die A-ligas en B-spanne speel in die daaropvolgende ligas.

Die Eerste Span dogters en seuns speel gedurende die derde kwartaal in die aandreeks wat deur Hoërskool Menlopark aangebied word