Krieket@Skuilies


Die afrigters en spelers is almal baie passievol oor afrigting en gee altyd hulle beste. Die krieketnette is onlangs opgegradeer en die spelers het nou die voorreg om op ‘n astro-mat te oefen.

Spelers kan vir ekstra oefening en ontwikkeling van vaardighede by Laerskool Skuilkrans se krieket-akademie aansluit waar kinders afrigting van gekwalifiseerde afrigters kan kry.