Landloop

Laerskool Skuilkrans se atlete het die afgelope aantal jare telkens deurgedring tot by die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe.

​Die landloopseisoen begin reeds in die tweede kwartaal waartydens die atlete aan die klubliga deelneem. Dit vind op Saterdae plaas en normaalweg is daar ook een Vrydagaand-byeenkoms by TUT.

Die top 18 atlete van elke wedloop word in aanmerking geneem vir die Gauteng-Noordspan wat gekies word om tydens die Gauteng Kampioenskappe in Bronkhorstspruit deel te neem.

Die landloop hervat dan weer in die derde kwartaal wanneer daar aan vier skole ligas deelgeneem word. Dit vind op Vrydae middae plaas. Hier word die top atlete gekies vir die Gauteng-Noordspan wat aan die Gauteng- kampioenskappe deelneem.

​Die Gautengprovinsie kies dan ‘n span wat hulle sal verteenwoordig by die SA-kampioenskappe.

‘n Atleet moet egter aan beide die klubliga, sowel as die skole-liga deelneem om vir hierdie span in aanmerking te kom en sodoende tot by SA’s te kan vorder.

​Landloopoefening vind plaas op Maandae tot Donderdae vanaf 14:00 tot 15:00.

Na die landloopseisoen begin atletiekoefening en sodoende word daar verseker dat Skuilkrans se atlete topfiks bly.