Rugby@Skuilies


Laerskool Skuilkrans het ‘n baie ryk tradisie van rugby. Afgesien van die feit dat ons ‘n hele paar provinsiale rugbyspelers het, was daar ook voormalige Springbokrugbyspelers in Laerskool Skuilkrans, naamlik Pierre Spies en Fourie du Preez.

​Hier by Skuilkrans begin die seuntjies sommer al vroeg hulle liefde vir rugby ontwikkel met die Gr R, Gr 1 en Gr 2 seuns wat bulletjie-rugby kan speel. Aan die einde van die O/8 of Gr 2 seuntjie se skooljaar, neem hulle aan die oorbruggingskursus deel. Hier word die seuntjies geslyp om aan volgende jaar se O/9 vyftienman rugbyliga deel te neem.

Ons het spanne van 0/9, 0/10, 0/11 en dan ons oop spanne wat uit 0/12 en 0/13’s bestaan. Die sportbestuurspan van Laerskool Skuilkran spoog daarna om ‘n B-span in elke ouderdomsgroep te kry.

​Laerskool Skuilkrans is tans in die gelukkige posisie om 2 afrigters per span te kan hê. Afrigters beskik oor hul Boksmartgradering en het reeds verdere kursusse voltooi, asook hulle IRB vlak 1 en 2. Laerskool Skuilkrans se rugby word bestuur deur ons rugbyhoof Mnr Nelis Bodenstein wat huidig resorteer as een van die top 10 Laerskole skeidsregters.

​By Laerskool Skuilkrans speel ons rugby, nie net om die liefde vir die spel uit te leef nie, maar ook om as ‘n span saam te werk. Hier koester ons rugby om vriende te maak, spelers te leer om die lewe te geniet en om alles te gee vir hulself, en om ons skool se naam hoog te hou.