Sagtebal

Sagtebal word al 22 jaar by die skool afgerig en is steeds populêr en opwindend. Wedstryde is 1 uur lank en daar word om die beurt veld- en kolfwerk gedoen.

​Laerskool Skuilkrans het baie goed opgeleide afrigters en tellinghouers wat ‘n absolute aanwins vir die skool is. Die skeidsregter is hoogs-gekwalifiseerd. Daar is twee provinsiale afrigters wat spanne na die SA-Interprovinsiale toernooi vergesel en daar uitmuntend presteer. Die skool se eie 0/12 en 0/13 spanne lewer ook elke jaar provinsiale spelers op. Gedurende 2016 het 6 spelers provinsiale kleure verwerf.

​Daar is 4 ouderdomsgroepe wat in ligas speel: 0/10A, 0/11A, 0/12A, 0/13A. (Gewoonlik word 12-14 spelers per span gekies).

Cara van Niekerk is as die beste kolwer in Pretoria aangewys. Sy is ook vir Gauteng-Noord se onder 13A sagtebalspan gekies.

​Mini-sagtebal/T-ball:

  • Gr 1’s word bekendgestel aan die sport en oefen Woensdae middae (13:15 – 14:00).
  • Gr 2’s + 3’s speel wedstryde op Saterdae en oefen op Dinsdae en Donderdae middae (14:00 – 15:00).
  • Hierdie dogters oefen basiese vaardighede: om te vang, te gooi en te kolf van die T-paaltjie af.

Sagtebal is nie net ‘n sport wat op vaardighede konsentreer nie, maar die dogters leer ook lewenslesse, onder andere wat om te doen wanneer die druk te erg word; hoe hanteer die speler dit wanneer mense intimiderend raak langs die veld, ens.

​Laerskool Skuilkrans is trots daarop om so ‘n opwindende sport te kan aanbied en dis duidelik dat elke dogter wat hieraan deelneem dit terdeë geniet.