Kontak ons Sportbestuurder

U kan ons sportbestuurder mnr Werner so kontak.

Mr Werner Besigheidskaartjie

Laerskool Skuilkrans Sport

Sport se massadeelname word sterk aangemoedig vir alle Skuilkrans leerders. Meeste leerders wat aan sport deelneem kry ‘n plek in ‘n span wat gereeld aan vriendskaplike en ligawedstryde deelneem. Die volgende sporte word aangebied by Laerskool Skuilkrans: Atletiek, Rugby, Netbal, Hokkie, Sagtebal, Krieket en Landloop Skuilkrans maak gebruik van RSD (Rugby) en NSD (Netbal) as klubs om ons mini-sporte te beoefen. Ons gebruik ook Titans om die Mini-krieket te ondersteun. Die personeel van die skool en buite-afrigters word gebruik om al die ander sporte en ouderdomme te bestuur en af te rig.