Tennis

Die tennisseisoen by Laerskool Skuilkrans begin gedurende die tweede kwartaal met tennisrondomtalies in die twee ouderdomsgroepe: 0/11 en 0/13. Die tennisleer en –ligaspanne word volgens hierdie uitslae gefinaliseer.

Ligawedstryde word in die derde kwartaal op Maandaemiddae gespeel. Die ligaspanne oefen op Woensdagoggende (6:30 – 7:30) op Murrayfieldklubbane. Hier word veral dubbelspelvaardighede en samespel bevorder en geslyp. Professionele afrigting is teen betaling beskikbaar.