BELANKRIKE NOTAS

Eerste Kwartaal
  • Atletiek
  • Kransklop
  • Rugby Voorseisoen
  • Netbal Voorseisoen
Tweede Kwartaal
  • Rugby Liga
  • Netbal Liga
  • Hokkie Voorseisoen
  • Rugbyraai
Derde Kwartaal
  • Hokkie Liga
  • Krieket
  • Sagtebal
Vierde Kwartaal
  • Atletiek
  • Meriete aande
  • Rugbyraai
  • Begrotingsvergadering

Belangrike Datums

21 Mar 2022

Menseregtedag

15 Apr 2022

Goeie Vrydag

18 Apr 2022

Familiedag

Aloe Skitterend

Kira Meyer begin skaats op vyf jarige ouderdom in Julie 2019. In September neem sy deel aan haar eerste kompetisie waar ‘n sy tweede plek behaal. In Desember skaats sy by Winter on Ice by The Grove Mall en dis hier waar die yskaats gogga haar behoorlik gebyt het.

Ten spyte van die inperkings in 2020 trek sy elke dag haar skaatse aan en oefen sy deur middel van die Zoom platform. Met die verligting van inperkings oefen sy drie keer per week saam haar afrigters, Yolandie en Konrad Giering. In September 2020 is sy terug op die ys. In Maart 2021 neem sy deel aan Gauteng Provincials. In September 2021 neem sy deel aan Spar se Woman’s Challenge waar hulle vyf kilometer in dertig minute moes voltooi het. Op 7 September 2021 behaal sy Gauteng Noord Vlak 1. Kira wen nuweling van die jaar by die Gauteng North Annual Awards op 24 Oktober 2021.

Op 8 November 2021 slaan sy ‘n eerste plek los by die Rising Stars kompetisie. Op 29 Mei 2022 slaan sy weer ‘n eerste plek los vir haar solo roetine sowel as ‘n duet. Kira is deel van Club Evolution on Ice. Sy is soggens op die skaatsbaan voordat meeste mense al ontwaak het. Sy sit tans skouer aan die wiel om te kwalifiseer vir Nationals 2023. “Yskaats is vir my vreeslik lekker! Ek geniet dit om ysballe te maak saam my maats en om nuwe toertjies en dansies te leer” – Kira Meyer, 9. Die Skuilies hou hierdie jong dame dop en sien uit om te sien hoe sy aloe skitterend skaats op ysbane regoor Suid-Afrika!

KRY DIE KRANSNUUS

DRUK HIER

SKOOLKOERANT

100% Skoolkoerant
Digitale Formaat

GLO EN STREEF