Kommunikasiestelel

Laerskool Skuilkrans maak gebruik van die D6Connect toepassingstelsel as kommunikasiemiddel tussen die skool en u as ouer. Die School communicator is vervang deur Connect.

Redes vir gebruik:

  • Deel kalender gebeure wat jy direk in jou Google kalender kan stoor
  • Nuus, foto’s en huiswerk word hierin gedeel
  • Dit is ’n kontantlose sisteem wat ons skoolperseel veiliger maak
  • Inligting aangaande leerders (soos punte, finansiële inligting en dissipline) word persoonlik in D6 gedeel

Die D6 program kan op enige rekenaar of slimfoon afgelaai word wat toegang tot die internet het. U Kan die program daagliks gebruik om op hoogte te bly van gebeure by die skool asook persoonlike inligting rakende u kind en finansies.

Vir so stelsel om suksesvol te funksioneer is dit noodsaaklik dat ouers asseblief so gou as moontlik sal registreer.

Wat moet u doen:

SLIMFOON

  • Laai die toepassing op u slimfoon af.
  • Gaan na die play-store of i-Store
  • Soek na d6 Connect toepassing en laai af
  • Volg die stappe

REKENAAR

  • Op rekenaar: Gaan na d6.co.za
  • Klik op D6Education
  • App downloads
  • Maak seker u laai die swart CONNECT  af en nie die blou School communicator nie.
  • Laai die toepassing af en volg die stappe

VIR PROBLEME SKAKEL ASB. D6 CONNECT BY 087 820 0088

Of appsupport@d6.co.za

GLO EN STREEF