Laerskool Skuilkrans Krieket

Die afrigters en spelers hier by Skuilkrans is baie passievol oor krieket en gee altyd hul beste. Die afrigters streef daarna om goeie krieketetiket en sportmangees by die seuns te kweek. Ontwikkeling van krieket lê ons baie na aan die hart en ons probeer dus om vir elke seun wat wil krieket speel die beste geleentheid te bied om in die sport te vorder. Ons krieketnette is onlangs opgegradeer en ons is een van van min laerskole in Pretoria wie se seuns op ‘n astro-mat kan oefen. Die seuns kan ook by Laerskool Skuilkrans se krieketakademie aansluit vir ekstra oefeninge om hulle vaardighede in enige fasset van krieket te verbeter.

Ons spog tans met 4 afrigters wat vlak-2 gekwalifiseerd is en 4 afrigters wat vlak-1 gekwalifiseerd is. Ons afrigters is jaarliks betrokke by die Noord-Gauteng krieketproewe en ons het ook in 2019 ‘n Noord-Gauteng speler opgelewer.

Dit is vir ons van kardinale belang dat die seuns aanhou ontwikkel maar steeds krieket te alle tye geniet.

Vir enige navrae oor die skool se krieket of krieketakademie kan u gerus Laerskool Skuilkrans se sportbestuurder kontak per e-pos: sportbestuurder@skuilkrans.com

Vriendelike krieket-groete.

GLO EN STREEF