Nuus & Gebeure 2020

Landloop Lockdown

‘Lockdown’ vir die Skuilie landlopers beteken om tuis te bly en die reëls te gehoorsaam, maar nie sonder pret nie!

Daagliks word daar tuis (in jou erf) 2 – 4 km gehardloop, krag oefeninge gedoen soos padda spronge, “squad jumps” en vele meer, daardie oefeninge wat jou spiere laat brand!!!

Die beste van die ‘lockdown’ is natuurlik ons ‘lockdown challenges’ wat daagliks plaasvind. Elke dag kry ‘n landloper ‘n beurt om die dag se tema te kies waarvolgens daar dan aangetrek word. Ons temas was al narre, “rappers”, “dress like the 80’s”, “Hats and funny faces”, “Be a stoplight” en so gaan ons aan!

Daar word elke dag ook ‘nn UITDAGING gedoen saam die tema en die bewyse is natuurlik ‘n foto of ‘n video anders tel dit nie. 

Die UIDAGINGS was al as volg:

– Wie die langste kan ‘plank’

– Wie die langste kan  aanhou springtou spring

– Jou gesig in ‘n bak water druk, dan in meel (funny faces) en ‘n foto neem

– Jou eie bordspeletjie ontwerp wat met hardloop te doen het

– ‘n Video gemaak het waar jy jou eie rugby dansie met jou eie woorde moes maak, want ons mis sport op televisie dan maak ons maar plan. Landlopers maak altyd plan.

– Om jou eie blom te pluk en enige unike ‘quote’ wat jy opmaak by dit te sit.

Ons skuilies landlopers maak die beste van ‘n situasie, ons maak ‘lockdown’ iets om te onthou en dit leer ons om altyd te glimlag al gaan dinge hoe moeilik en hoe swaar. Ons moedig al die ander Skuilies aan om positief te bly en saam met ons te oefen! 

100% Skoolkoerant

Kransnuus

GLO EN STREEF