BELANKRIKE NOTAS

Eerste Kwartaal
  • Atletiek
  • Kransklop
  • Rugby Voorseisoen
  • Netbal Voorseisoen
Tweede Kwartaal
  • Rugby Liga
  • Netbal Liga
  • Hokkie Voorseisoen
  • Rugbyraai
Derde Kwartaal
  • Hokkie Liga
  • Krieket
  • Sagtebal
Vierde Kwartaal
  • Atletiek
  • Meriete aande
  • Rugbyraai
  • Begrotingsvergadering

Belangrike Datums

8 April 2021

BL Verkiesing

17 April 2021

Opedag Gr RRR-R

21 April 2021

Opedag Gr 1-7

Lees is Lekker!
Hier volg ‘n resep vir ‘n suksesvolle leesweek: Een boekuitstalling, ‘n lees maraton of twee, ‘n paar boekmerke, ‘n aanlyn Boek Buddies vertoning en ‘n Vrydag gevul boek karakters. Tydens die week van die 9de tot die 12de Maart vind Laerskool Skuilkrans se jaarlikse leesweek plaas.

Covid het opsy gestaan toe Kultuurhoof, Mevrou Marita van der Merwe besluit het om steeds voort te gaan met die jaarlikse leesweek. Met alle nodige prosedures en veiligheidsmaatreëls in plek, is leesweek behoorlik gefier. ‘n Week lange boekuitstalling is gehou in samewerking met die boekhandelaar, Diskonto. Skuilies is kans gegee om op ‘n veilige afstand na verskeie boeke te loer en hul gekose opsies aan te koop. Kleure en kreatiwiteit was sigbaar toe daar lewe gegee was aan persoonlike boekmerke en ‘n aanlyn vertoning van Boek Buddies het gesorg vir glimlaggende oë wat skuil agter maskers.

Op Vrydag, 12 Maart het boek karaters lewe gekry in die vorm van kreatiewe kostuums en tuisgemaakte uitrustings. Kleurvolle feetjies, verskeie Harry Potter en Star Wars karakters en selfs die Teletubbies is enkele voorbeelde van die eindelose karakters wat teenwoordig was. Ten spyte van ‘n pandemie moet daar steeds tyd afgestaan word om lees te fier en hoe dan nou anders as ‘n hele week waar die boodskap, lees is lekker letterlik uitgebeeld word?

KRY DIE KRANSNUUS

DRUK HIER

SKOOLKOERANT

100% Skoolkoerant
Digitale Formaat

GLO EN STREEF