
Laerskool Skuilkrans Sport

Laerskool Skuilkrans glo aan holistiese geïntegreerdheid en streef daarna om die skool se sport op ʼn vlak aan te bied waar elke kind sy volle potensiaal kan bereik en waar kinders wat dit nie kan bekostig nie, gelyke geleenthede gegee kan word. Die skool het dit ten doel om te verseker dat die waardetoevoeging van sport sodanig is dat dit ʼn onderskeidende faktor is vir ouers in die keuse van ʼn laerskool vir hul kinders.
Daarom is die beskikbaarheid van voldoende fasiliteite en ʼn hoë standaard van afrigting van kardinale belang. Die fokus is tans op die aanstelling van bekwame hoofde vir elke sportsoort om sodoende verskillende sporte verder te ontwikkel.
Die volgende sportsoorte word by die skool aangebied: atletiek, landloop, rugby, netbal, krieket, hokkie, sagtebal, tennis, skaak, asook Mini-sporte (mini-hokkie, Bulletjie-rugby en mini-krieket). Binne al hierdie sporte het Laerskool Skuilkrans reeds hierdie jaar gewys dat hulle kompeterend teen van die beste skole in Pretoria kan deelneem en was selfs in sekere ouderdomsgroepe liga-wenners. Daar is verskeie leerders wat reeds hierdie jaar provinsiale kleure verwerf het in hokkie, netbal, rugby, sagtebal, landloop en atletiek.
Vir die juniors bied ons aan
Akademies in sport
Hierdie is vir die privaatbetaling van ouers
Hierdie is vir die privaatbetaling van ouers